"My werkgewer het 'n lewensafrigter aanbeveel. Ek is so dankbaar, want ek sou dit nooit oorweeg het nie. Ek kon mos alles self uitsorteer! Die eerste stap was 'n daaglikse joernaal om my kop te orden. In ons uur lange tweeweeklikse sessies het sy my gehelp om te besef wat my selfaftakeling en negatiewe denke aan die gang sit, hoe ek dit kon hanteer, en hoe om aan my selfbeeld te bou."

Grootste struikelblokke
"Ek is 'n private mens. Dit was moeilik om eerlik met myself te wees en deur my emosies te werk. Dit was soms pynlik en by tye het ek erg blootgestel gevoel . . . ek wou selfs handdoek ingooi. Ek moes my trots begrawe. Martie (lewensafrigter) het my veilig laat voel met haar deernis en begrip. Haar deurdagte vrae het my insig in myself, my behoeftes en waardes gegee." - Alida Hoffmann (Haar lewensafrigter is dr. Martie Lancellas)

Lees in die Augustus-uitgawe van SARIE van 3 vroue wie se lewens deur 'n lewensafrigter verander is.