Vir Louis Vuitton het alles met 'n reis begin . . . 'n bestemming, 'n stoomtrein en 'n reistas. Sedert die begindae is dié modehuis sinoniem met reistasse en handsakke van die hoogste gehalte. Marc Jacobs se Herfs/Winter 2012/2013-pasklaarreeks vir Louis Vuitton is juis 'n verering van die "reis" wat dié modehuis deur die jare onderneem het.

En vanjaar is dit duidelik dat die groot modehuise die loopplank heeltemal ontgroei het! The Guardian berig dat dit nou die toppunt van vermaak bereik het – amper soos 'n Hollywood-fliekstel. In 'n reuse-markiestent by die Louvre-kunsmuseum het bekendes, aanhangers en spesiale gaste in 'n nagemaakte stasie hul sitplekke ingeneem.

Toe die horlosie 10-uur slaan, kon twee rye treinspore gesien word en het 'n pragtige ouwêreldse stroomtrein die "stasie" binnegestoom. Die passasiers was almal vroue – modelle in die elegante modes van Louis Vuitton. Een-een het hulle op die "perron" afgeklim, hul Louis Vuitton-bagasie aan die portier oorhandig en na die "stasie-uitgang" gestap.

LOUIS VUITTON-INSPIRASIE!

Louis Vuitton Herfs/Winter 2012/2013-pasklaarreeks

KOM SAAM OP REIS . . .