Dié klassieke parfuum is in 1989 bekend gestel. Dis 'n simbool van glans en weelde en is geïnspireerd deur die wêreldbekende Red Door Salon. En vir 20 jaar lank behou hierdie klassieke geur die 'titel' as Elizabeth Arden se topverkoper!

Nou kry Red Door ’n nuwe, moderne voorkoms ter herdenking van Elizabeth Arden se 100ste jaar in die skoonheidswêreld. Die bottel en verpakking kry ’n hele oormaaksessie! 

Red Door is ’n blommegeur – met note soos dallelie, freesia, jasmyn, ilang-ilang en heuning – en dit bly dieselfde. 

Die nuwe Red Door-bottel

* Die nuwe voorkoms Elizabeth Arden Red Door is landwyd by Elizabeth Arden-toonbanke beskikbaar.

JY KAN WEN!

4 gelukkige sarie.com-gebruikers kan elk 'n Elizabeth Arden Red Door-geskenkpak ter waarde van
R1 100 elk losslaan. Elke geskenkpak bestaan uit:

* Red Door 100 ml EDT

* Red Door 50 ml EDT

* Red Door 30 ml EDT

* Red Door 200 ml lyfroom

Skryf hieronder in deur die vorm in te vul.

Sluitingsdatum: 18 November 2011

* Kyk hiér na die advertensie:

Besoek www.elizabetharden.co.za vir meer