Ons nooi u graag uit na 'n unieke uitstalling van ongeveer 250 stukke Meksikaanse Antieke Juwelierware deur Heleen Bossi, die eienaar van Paisley's Antique Jewellery. Juwelierstukke op vertoon is almal te koop en van welbekende ontwerpers soos William Spratling, Antonio Pineda, Margot, Los Castillo en andere. Die meeste stukke is gemaak tussen 1930 en die draai van die 20ste eeu. Heleen Bossi is al 28 jaar lank in die bedryf en het hierdie unieke vesameling bymekaar gemaak oor die jare met haar reise regoor die wêreld. Dit is die eerste uitstalling van sy soort in Suid-Afrika en word onderskryf deur die Meksikaanse Ambassade.