Dié 3-kleurroomys van sjokolade, vanielje en aarbei was my

gunsteling as kind! Probeer hierdie melkskommel-weergawe.

genoeg vir 6

  • 1 liter vanielje-roomys
  • 375 ml yskoue melk
  • 10 ml vanielje-ekstrak
  • 125 g aarbeie (vars of bevrore)
  • 125 ml goeie kakao
  • 250 ml room, geklop tot sagte punte
  • kleurstrooisels vir oorsprinkel

Verdeel vanielje-roomys in 3. Plaas ? van roomys, 125 ml melk en

vanielje in voedselverweker en pols op hoë spoed tot dik gladde mengsel.

Verdeel tussen 6 glase van jou keuse. Plaas in dieselfde menger nog ?

roomys, 125 ml melk en aarbeie. Pols op hoë spoed tot dik gladde mengsel.

Gooi bo-op vanielje-laag. Herhaal met res van bestanddele vir die

sjokolade-laag. Skep laaste ’n lepel vol sagte room bo-op en sprinkel

kleurstrooisels oor. Sit dadelik voor.