Ons soek jaarliks die mooiste matriekafskeidrok. Verlede jaar het Anchen Strauss van Kimberley se rok ons oog gevang. Hier is nóg foto's van haar wen-rok.

As ’n rok jou persoonlikheid kan beskryf, dan slaag dié rok 100% daarin! ’n Langbeen-meisie met ’n sagte hart soos die sy-chiffon, maar ook ’n vrou wat hou van ’n tikkie bling

- Anchen oor haar rok

Oor haar 2-in-1-rok sê Anchen ...

 “My suster, Mareli, die een mens wat my baie goed ken, het my droomrok op die internet raakgesien. Ek wou ’n rok hê wat ek by meer as een geleentheid sou kon dra, en dié 2-in-1-rok is perfek. Dit bestaan uit ’n noupassende minirok van geborduurde-kant-materiaal met krale- afwerking, en die tweede deel, wat bo-oor pas, ’n romp van die sagste sy-chiffon. Nou’s ek sommer reg vir my eerste koshuisdinee ook!”

SARIE se? modespan sê ... ?

Anchen was baie slim? met die keuse van haar rok!

  • Die neutrale kleur laat haar stylvol en vroulik lyk.
  • Die verskillende teksture?– sagte chiffon met kant en kralewerk – verseker dat die klassieke snit interessant is.
  • Ons is ook mal oor die idee van ’n 2-in-1-rok. Omdat aandrokke so duur is, is dit slim van haar om soveel dra as moontlik uit dié ontwerp te kry.
  • Die groot trefkrag van die rok is dat net een groot tendens gebruik is, die illusie-neklyn. Dis ’n les wat baie van ons kan leer: Moenie te veel tendense in een rok probeer saamvoeg nie. Anchen het nie, en dit maak haar rok SARIE se 2013-wenner!

SARIE se? skoonheidspan sê ... ?

  • Hare: Dié styl werk goed by haar rok omdat jy die mooi detail van die hals en rug wil sien. Haar hare wat losweg vasgesteek is, is jonk en romanties. Die byna deurmekaar styl het baie tekstuur en komplementeer haar rok perfek.

  • Grimering: Die fokus moet net op een van jou gelaatstrekke wees. Anchen het besluit om haar oë te beklemtoon met ’n rokerige voorkoms en het haar lippe natuurlik gehou met ’n ligte lipkleur. Die prentjie is van kop tot toon afgerond.