Vanjaar se Golden Globes het omtrent interessante rokke opgelewer, want hier in die SARIE-kantoor het ons die meeste nóg gesukkel om saam te stem oor watter rokke treffers en flops was.

Dít wys maar net weer een ding: smake verskil en mode is vloeibaar. Maar styl, dít is een ding wat nooit uit die mode gaan nie ... 

Kyk deur ons galery vir nóg Golden Globe-rokke

Kry jou Gucci-skepping by Gucci-boetieks in Kaapstad en Johannesburg. Vir meer inligting, kontak 021 421 8800 (V&A Waterfront, Kaapstad) of 011 784 2597 (Nelson Mandela Square, Johannesburg) of besoek www.gucci.com.

Nóg oor die Golden Globes

Die groot wenners van die aand:

Beste Fliek - Drama: 12 Years a Slave | Beste Aktrise (Drama): Cate Blanchett vir Blue Jasmin | Beste Akteur (Drama): Matthew McConaughey vir Dallas Buyers Club

Beste Fliek - Musiekblypel of Komedie: American Hustle | Beste Aktrise (Musiekblyspel / Komedie): Amy Adams vir American Hustle | Beste Akteur (Musiekblyspel / Komedie): Leonardo DiCaprio vir The Wolf of Wall Street

Beste Ondersteunende Aktrise (Fliek): Jennifer Lawrence vir American Hustle | Beste Ondersteunende Akteur (Fliek): Jared Leto  vir Dallas Buyers Club | BesteRegisseur: Alfonso Cuarón vir Gravity

Beste TV-reeks (Drama): Breaking Bad | Best TV-reeks (Musiekblyspel of Komedie): Brooklyn Nine-Nine | Beste TV-fliek of Mini-reeks: Behind the Candelabra

Beste Oorspronklike lied: U2 se lied "Ordinary Love" wat spesiaal geskryf is vir Mandela: Long Walk to Freedom.

Die Golden Globes word vanaand, 13 Januarie om 20:30 op M-Net, kanaal 101 uitgesaai. Sien die volledige lys van wenners hier.