SARIE se modespan gaan elke dag voorspellings gee van wat húlle dink die benoemde aktrises op die aand van 2 Maart gaan dra. Stem jy saam met hul voorspellings? PLUS ons kies dié talentvolle aktrises se Suid-Afrikaanse eweknieë.

Jennifer Lawrence

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Lawrence is hierdie jaar benoem vir Beste Ondersteundende Aktrise vir haar rol as Rosalyn Rosenfeld in American Hustle.

Sy het in 2013 met die Oscar vir Beste Aktrise weggestap vir haar rol in Silver Linings Playbook. Sy wasook in 2011 benoem vir Best Ondersteunende Aktrise in Winter's Bone.

Jennifer se styl

Jennifer, as gesig van Dior, word deur dié luukse modehuis aangetrek vir elke glans-geleentheid. Die meerderheid van haar  rooitapyt-keuses bestaan uit moulose aandrokke, maar sy speel graag met kleur.

Wat gaan sy dra?

Dior se nuutste reeks by die Paryse Modeweek het meestal bestaan uit blou, wit en rooi. Dit is gemaak van ’n interessante materiaal wat lyk soos deursigtige sirkels (sien die foto's hieronder). Ons dink dat haar rok hierby sal aansluit, maar meer glansryk soos ’n Ralph Lauren-skepping sal wees.

Ons kies ook vir haar vlootblou, omdat dit een van die min kleure is wat sy nie onlangs gedra het nie.

Jennifer se rokkeuse die afgelope paar maande:

Julia Roberts

By vanjaar se Golden Globe-toekennings. FOTO: Gallo Images / Getty Images By vanjaar se Golden Globe-toekennings
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Julia Roberts ding met Jennifer mee vir Beste Ondersteunende Aktrise vir haar rol in August: Osage County.

Julia Roberts het in 2000 ’n Oscar gewen vir haar hoofrol in Erin Brockovich.

Julia se styl

Julia se styl is deesdae baie meer waaghalsig en sy het onlangs begin om meer kleurryke rokke te dra. Sy het ook vir die SAG-toekennigns ’n pienk eenstuk gekies.

Wat gaan sy dra?

Ons dink sy sal asemrowend lyk in hierdie blompatroon-aandrok van Honor Woman (foto onder). Die bostuk is vleiend vir haar fyn figuur en die onderdeel wat meer uitklok, is baie glansryk.

Die rok, wat reeds besig is met die blommotiewe, vra nie vir baie juweliersware nie - iets waarvoor Julia nie baie lief is nie.

Honor Woman by Mercedes-Benz New York Modeweek. FOTO: Instagram Honor Woman by Mercedes-Benz New York Modeweek. FOTO: Instagram

Julia se rokkeuse die afgelope paar maande:

Jennifer en Julia se Suid-Afrikaanse eweknieë

Ons dink Nadia Valvekens is SA se eie Jennifer. Buiten vir hul blonde kapsels is albei uitstekende aktrises wat uitblink in dramatiese rolle.

Donnalee Roberts se groot glimlag en lewendige persoonlikheid herinner ons aan Hollywoord se sweetheart, Julia.

Die rooi tapyt van die toekenningseisoen op SARIE.com