Getoets deur Alida Vos

Die CX-5 met sy 2.0 liter-enjin spog met hande vol tegnologie, wat oom Stefaan se bloeddruk beslis ’n hupstoot van opgewondenheid sou gee.

Die SISS (Smart Idle Stop System) sorg dat die enjin afskakel as jy nie ry nie, soos by ’n rooi verkeerslig, en bespaar brandstof. Die outomatiese Individual-model wat ek kon toetsbestuur, het gemaklik in druk stadsverkeer en op die oop pad hanteer.

Die uitsig is goed en die sitplekke eersteklas. Parkering is maklik danksy sensors wat jou help en die raakskerm-radio voordelig as jy in die ry van stasies wil verander. Die binne-afwerking is netjies, en met eienskappe soos o.m. reënsensitiewe ruitveërs, radio-beheer op die stuurwiel, lugsakke voor en aan die kante, en agterste sitplekke wat 40/20/40 platvou, kan dié Mazda op ’n paar mense se wenslysie beland.

  • Prys: R397 400

Mazda motor