Die Kaapse ontwerper en versamelaar Elbeth Gillis restoureer rokke uit die 40’s tot 60’s. Die terugkeer van vintage is duidelik in flieks soos Broadwalk Empire, waar gefokus word op vroulikheid en die viering van mooi aantrek. Waar koop jy jou rokke? Ek koop die rokke by antiekwinkels en markte of waar iets ook al my aandag trek. Van my kliënte het ook al rokke vir my gegee. Hoe lank vat dit om so ’n ou rok te restoureer? Dit hang af van die rok. Sommige is in ’n goeie toestand, maar as ons kralewerk moet vervang, kan dit soms ’n week of langer neem. Is daar ’n mark daarvoor? Ek verkoop nie die oorspronklike rok nie. Dit is my persoonlike versameling, maar ons het wel al replikas van die rokke vir kliënte gemaak. Daar is beslis ’n aanvraag. Die style is klassiek en dis iets wat jy altyd kan dra.