Die meeste van ons begeer 'n sysagte egalige gelaat. Met Elizabeth Arden se nuwe innoverende mineraal-onderlaag verkry jy dit moeiteloos in 4 maklike stappe.

1. Draai die meultjie (grinder) halfpad om 'n klein bietjie poeier deur te laat
2. Vee die spesiale borsel oor die poeier
3. Tik die oortollige poeier van die borsel af
4. Swiep met sirkelbewegings die borsel oor jou gesig

Wat maak Elizabeth Arden Pure Finish Mineral Powder Foundation SPF 20 so spesiaal:
* Die veerligte poeier vermeng egalig vir perfekte afronding.
* 'n Innoverende houertjie sorg dat nét die regte hoeveelheid poeier beskikbaar word. Dis maklik en niks word vermors nie! Dit beskerm ook jou poeier teen lig, lug en bakterieë.
* Dit sal nie jou vel uitdroog of in fyn lyntjies op jou gesig saampak nie.
* Jy kan self besluit of die bedekking lig, medium of swaarder moet wees.
* Perfek vir 'n sensitiewe vel.

Hoekom is minerale goed vir jou vel?
Minerale skep 'n beskermingslagie tussen jou vel en die son sowel as ander skadelike omgewingsfaktore sonder om jou vel van suurstof te ontneem. Elizabeth Arden Pure Finish Mineral Powder Foundation SPF 20 is ook verryk met antioksidante, natuurlike bestanddele wat die vel glad maak en keer dat die onderlaag verdroog, asook 'n SB-faktor van 20.

Die seewaterminerale is ryk aan kalsium en magnesium, wat die vel se natuurlike mineraalbalans 'n hupstoot gee. Mika en silika reflekteer lig. Vitamien A, C en E verbeter die toestand van die vel en beveg die aanslae van omgewingsfaktore. Aalwyn bevog en pamperlang.

Die regte borsel
Die supersagte Elizabeth Arden Face Powder Brush,
gemaak van nylon, is spesiaal gevorm sodat jy nét die
regte hoeveelheid poeier vir 'n gladde afwerking kry.
En vir vinnig opknap op 'n drafstap is die mini- opvoubare
borsel baie gerieflik. En om jou onderlaag af te rond ...
1. Flawless Finish Maximum Coverage Concealer:
'n Ligte kleur wat jou wange 'n natuurlike blos gee. Dis vitamien-verryk en is beskikbaar in 3 skakerings.
2. Color Intrigue Cheek:
'n Romerige, ligte verbloemer wat klaarspeel met donker kringe, fyn lyntjies en merkies. Vitamien A, C en E bied beskerming.
3. Color Intrigue Bronzing Powder Duo:
'n Ryk, maar natuurlike verbronser. * Vir meer, besoek die Elizabeth Arden-webtuiste.
* Gaan ook na Elizabeth Arden Pure Finish Mineral Powder Foundation SPF 20.