In die November-uitgawe van SARIE verskyn ‘n eksklusiewe uittreksel uit die boek. En Maandag is daar ‘n 5 Boek-minute met Liezl Thom, een van die skrywers van die boek op sarie.com.

Die resensie hieronder gee ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag as jy dié boek lees.

Shattered Lives – The story of Advocate Barbie, deur Liezl Thom en Laurie Pieters

Die twee advokate Cézanne Visser en Dirk Prinsloo se smerige seks-eskapades was tien jaar lank voorbladnuus in Suid-Afrika, waarskynlik veral oor Cézanne se fisieke voorkoms, wat haar die naam Advokaat Barbie in die media besorg het. Uiteindelik moes sy egter alleen pa staan vir hul dade ná Dirk landuit gevlug en in Rusland aan bankroof skuldig bevind is.

Skrywers Liezl Thom en Laurie Pieters was nou betrokke by die hofsaak; Liezl as joernalis vir Eyewitness News en Laurie, wat voorheen vir die twee gewerk het, as ‘n staatsgetuie.

Die boek beskryf dan ook veel meer as die omstandighede wat die nou veroordeelde Cézanne se lewe geslyp het. Dit neem die leser van Pretoria se gegoede Raslouw-woonbuurt na die agterstrate van Sunnyside en tot by die tronkdeure waaragter Visser haar volgende jare gaan deurbring.

Die leser leer ook die slagoffers ken; vroue wie se lewens ingrypend en onomkeerbaar verander het ná hulle met Cézanne en Dirk deurmekaar geraak het, soos die kinderprostituut en dwelmverslaafde, Jeannine du Plessis, wat selfmoord gepleeg het. - Susan Puren

Volg SARIE op Twitter en Facebook