SARIE en CANINE CUISINE gee jou die kans om groot te WEN vir 'n dieresorg-vereniging.

Wanneer is Cola gered?

Kaapstad se Lab Rescue het Cola van ’n teler gered wat haar in ’n piepklein betonbinnehof opgesluit gehou het. Ons het haar in November 2012 aangeneem.

Hoe oud is Cola?

Aanvanklik het ons gedink sy is sewe, maar ons veearts dink dis nader aan 12.

_MG_6929 with etch Cola saam met die model Bernice Dodd (FOTO: Johan Wilke)

Wat doen Cola graag?

Cola is mal oor die strand. Sy baljaar soos ’n babahondjie in die branders met met die seebamboes, wat sy uitmekaar ruk. Sy behandel elke staptog asof dit haar laaste is. Ek is mal oor hierdie eienskap van haar.

Waarvan hou sy?

Swem en seebamboes.

_MG_6898 Cola die labrador

Waarvan hou sy nie?

Sy laat los nie graag iets as sy dit eers in haar bek het nie.

Streke?

Op die strand steel sy ander honde se balle. Sy laat los eers as jy haar aandag aflei en haar met iets anders kul.

#caninefashionrescue

CC Sarie comp image

_MG_6924 Cola saam met die model Bernice Dodd (FOTO: Johan Wilke)

IMG_7032 Cola en haar eienaar, Odette Howell