'n Tuisbly-pa, Deon Rademeyer, praat só oor pa-wees in ons Julie-uitgawe:

"Die grootste kopskuif wat ek moes maak, is dat jy heeldag besig is sonder om saans iets konkreets daarvan te sien. Anders as in die werkplek moet jy fyn kyk vir positiewe terugvoer.

Soos die eerste keer toe Anoushka onderwater geswem het: Toe sy deur die water na die oppervlak breek, het haar ogies vas in myne gekyk.

'Het jy gesien, Daddy?' 'n Emosionele band word só gevorm."

In die Julie-uitgawe praat SARIE ook met ander pa's wat dinge op hul eie manier doen - een wat sy hele gesin deur Afrika op 'n reis geneem het en 'n wewenaar wat sy dogters alleen moes grootmaak.