Boeke is lekker maklike Kersgeskenke, maar dit is ook lekker om self so nou en dan op die naat van jou rug te lê en in 'n boek te "verdrink". Hier is n paar lekkerlees-boeke...

1. The Heart Whisperer

47197886_0_Img2Ella Griffin (Orion, R155)

Claire is 33 jaar oud en voel sy bevind haar in ’n doodloopstraat. Boonop het sy skuldgevoelens oor haar ma se dood in ’n ongeluk toe sy 33 was. Claire se verjaardaggeskenk aan haarself is ’n jaar om haar lewe reg te ruk. ’n Heerlike gesinsdrama vol interessante en boeiende karakters, waarvan een ’n hond is.

Koop die boek HIER.

2. Letters from Skye

47604970_0_Img2Jessica Brockmole (Hutchinson, R220)

’n Roerende liefdesverhaal wat gedurende die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog afspeel, word deur briewe vertel. Jy leer die karakters ken uit wat hulle nié in hul briewe skryf nie. Dit wys hoe ’n brief iemand se lewe kan verander, hoe een brief ’n hele familie kan raak.

eboek R197,80 op kalahari.com

3. The Life List

47564786_0_Img1Lori Nelson Spielman (Arrow Books, R235)

Toe sy 14 was, het Brett Bohlinger ’n lysie gemaak van doendinge vir haar lewe. Sy is 34 en haar ma sterf aan kanker. Haar testament bepaal Brett moet eers al die dinge op dié lysie van jare gelede doen voordat sy haar erfporsie mag kry. Brett leer die onverwagte dinge in die lewe is soms die grootste seëninge.

eboek R106,53 op kalahari.com

4. Paris

47276888_0_Img1Edward Rutherfurd (Hodder & Stoughton, R394)

Meer as 700 jaar se geskiedenis van Parys word vertel in hierdie epiese roman wat die lewe en liefdes van ’n paar gesinne volg. Die intrige, korrupsie en glorie van die karakters se verhaal gee lewe aan ’n stad wat getransformeer is van ’n nederige handelspos aan die Seine tot ’n beroemde en gevierde wêreldstad.

eboek R197,80 op kalahari.com

*E-boeke is gelees op die gobii-e-leser wat beskikbaar is by kalahari.com. Pryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel.

Nog boek-voorstelle: