Gisteraand het die bekendes Los Angeles weer op horings geneem! Hier's waarvan ons die meeste gehou het.

By musiektoekennings is die sterre oor die algemeen meer gewaagd as by rolprentgeleenthede, en ons groot gunsteling vir die aand was Emma Watson se helder uitrusting. Die mini-romp met sy kralewerk is ongelooflik! Katy Perry het ook eersteklas gelyk in 'n klassike snit, maar die patrone het dit modern gemaak.

Katy Perry

Die pas verloofde Miley Cyrus het klassieke swart gekies met aandag op rug-detail. Haar kort hare het die elegante snit 'n rock-chic gevoel gegee.

Miley Cyrus

Dit was die besgekledes volgens die SARIE-modespan, maar die groot wenners vir die aand was:

Video van die jaar: Rihanna, "We Found Love"

Beste nuwe kunstenaar: One Direction, "What Makes You Beautiful"

Beste video deur 'n vroulike kunstenaar: Nicki Minaj, "Starships"

Beste hip-hop video: Drake, met Lil' Wayne, "HYFR"

Beste video deur 'n manlike kunstenaar: Chris Brown, "Turn Up the Music"

Beste popvideo: One Direction, "What Makes You Beautiful"

Beste rockvideo: Coldplay, "Paradise"

Beste video met 'n boodskap: Demi Lovato, "Skyscraper"

Beste elektroniese dansmusiekvideo: Calvin Harris, "Feel So Close"

"Most Shareworthy" video: One Direction, "What Makes You Beautiful"

Beste koreografie: Chris Brown, "Turn Up the Music"

Beste redigering: Beyoncé, "Countdown"

Beste visuele truuks: Skrillex, "First of the Year (Equinox)"

Beste kinematografie: M.I.A., "Bad Girls"

Beste kunsontwerp: Katy Perry, "Wide Awake"

Beste regie: M.I.A., "Bad Girls"