"Ek het só uitgesien dat my kinders 'n slag uit die huis is en ek weer my man vir myself het. Maar nou besef ek ons het niks meer in gemeen nie. Die kinders was eintlik 'n gerieflike buffer. Ek dink nie ek ly aan leënes-sindroom nie, ek sien ons kinders gereeld. Maar ek weet nie meer met wie ek getroud is nie. Kan ons mekaar weer vind?" – SARIE-leser se dilemma

In jou November-uitgawe van SARIE gee twee sielkundiges raad oor hierdie probleem.

Wat sê jy?

Vertel vir ons wat jy dink in die kommentaarboksie hieronder.