Meer as die helfte van volwasse Suid-Afrikaners (60% of 2 uit elke 3), is:

  • Oorgewig (weeg 5 – 10% meer as hul ideale gewig)
  • Vetsugtig (20 – 30% meer)
  • Of erg vetsugtig (50 – 100% meer).

(Bron: GSK-studie.)

Dit strook met die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se bevinding (2003) dat 56% van plaaslike vroue en 29% van mans oorgewig is. (Met swart vroue en wit mans voor in die koor.) Die
Suid-Afrikaanse Demografiese Gesondheidsopname (1998) het reeds gewys sowat 54% van oorgewig mans is wit.

’n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het boonop gewys 17% van ons kinders tussen 1 en 9 jaar is vet. Ons jongmense is vyfde op die vet-ranglys wat verlede jaar by die suikeren gesondheid-simposium in Oos-Londen bekend gemaak is (naas Brittanje, Kanada, Amerika en Mexiko).

Volg SARIE op Twitter en Facebook