As ek kan, kan jy ook!

"Ons is almal fenomenaal. As ek is, kan jy ook wees.

"Ek wil vroue help om hul ware self te ontdek. Die potensiaal is dáár in elkeen. Ek het soveel terugslae oorkom, my skaamte en pyn genees. Ek's nie buitengewoon nie, ek het net die tegnieke of vaardighede om dit te doen.

"Met die skryfproses het ek my trauma en mislukkings herleef. Ek het besef hoeveel heling ek al ervaar het. Dit was 'n reis na selfrespek. Nou weet ek: Ook pyn en swaarkry laat ons groei. Mits on van slagoffer na oorwinnaar oorskakel." - Chris Kennedy, veranderingskonsultant, stigter-direkteur van die Phenomenal Women Initiative en skrywer van Phenomenal Women - Your Journey to a Phenomenal Life.