"Om te misluk was nog nooit vir my 'n opsie nie. Ek is hardkoppig, 'n vasbyter. Maar daar was tye dat selfs ek gedink het ons moet ophou. Jy voel hulpeloos. Jy kan net jou vrou bystaan, sterk wees, geduldig, ingestel op haar gevoelens. Sy is die een wat met naalde gesteek word, hormoon-inspuitings kry, haar kwel dat sy iets verkeerds doen... " - Marko Albertyn*

*Hy en sy vrou Tertia van Durbanville het in vyf jaar nege in vitro-behandelings ondergaan voordat hulle ouers geword het van Kate en Adam (albei 5). Tertia se bekroonde blog hieroor is later as So Close (Oshun Books) gepubliseer. Max (9 maande) is natuurlik verwek.