Ons is nié net opgewonde oor 2017 omdat 2016 verby is nie. Dis wat die mense van ons land – van sjefs tot akteurs, rugbyspelers en musikante – alles vanjaar doen wat ons die meeste opgewonde maak. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

As jy hom nog nie ken nie, is dit ons voorreg om jou aan Jesse Clegg voor te stel. Ons is opgewonde oor sy nuwe musiek en optredes en sy naam is saam met al die voriges op ons redaksie se lys van dinge om te sien, doen, lees en na te luister in 2017.

Nes sy ikoniese pa, Johnny Clegg, kén Jesse van musiek maak. Ons het vinnig met hom gesels om te hoor oor sy planne vir 2017.

Waaroor is jy tans opgewonde?

Op die oomblik is ek baie opgewonde oor my splinternuwe liedjie, "Take You There", wat pas vrygestel is en nou oor die radio gespeel word. Ek vertrek ook binnekort na die VSA om by die South by Southwest-musiekfees in Austin, Texas, te gaan optree.

Wat is vir jou die allerbeste lirieke ooit en hoekom?

Ring the bells that still can ring

Forget your perfect offering There is a crack in everything That’s how the light gets in

– Uit die liedjie "Anthem" deur Leonard Cohen

Ek’s mal oor dié lirieke. Dit sê so baie oor die imperfeksies van die lewe en hoe ons swakhede ons sterk punte kan word. Dis ’n akkurate opmerking met ’n boodskap van hoop oor menslikheid in die algemeen.

Vertel vir ons iets wat min mense van jou weet?

Ek is ’n katteliefhebber en het onlangs twee katte by ’n dierehawe aangeneem.

  Not easy to get work done in studio with this dude... He's always hanging over my shoulder #studiocat   A post shared by Jesse Clegg (@jesseclegg) on

Oor dié Suid-Afrikaners is ons net so opgewonde …

Loki Rothman

Lynelle Kenned