Pasella-kykers en SARIE-lesers kan uitsien na 'n aand vol bederf met net die beste wat Pasella en SARIE kan bied! Pasella se gewilde aanbieders sal dié aand gaste bekoor met hul kwinkslae - asook 'n eksklusiewe verrassing "op die planke".

Dieter Voigt van Pasella

Maar dis nie al nie. Pasella en SARIE het twee van SA se gewildste sangers ook genooi:

STEVE HOFMEYR - Ná twee jaar se stilte is Steve terug met sy album Duisend en een, wat reeds platinum-status bereik het. Steve toer landwyd hiermee en wys weer eens waarom hy so gewild is.

Steve Hofmeyr

NÁDINE - Haar CD This Time I Know is in Junie in verskeie lande uitgereik. Sy is een van ons gewildste sangeresse en nou ook internasionaal bekend.

Nádine

Waar? 

Cascade Manor in die Paarl, Wes-Kaap. Dis 'n heerlike private wegbreekplek tussen olyfboorde en wingerde - idillies, luuks en ontspannend.

Wanneer?

23 Oktober 2010 om 18:30

Wat moet ek doen om deel te wees van die aand?

SMS net die woord PASELLA, gevolg deur jou naam, van en dorp/stad na 34029 om moontlik een van
50 eksklusiewe gaste te wees. Alle SMS'e wat teen die sluitingsdatum ontvang is, sal deel wees van die trekking. SMS'e kos R2. Reis en verblyfkoste is vir die wenners se eie rekening.

Sluitingsdatum

30 September 2010

Die wenners sal teen 10 Oktober 2010 telefonies in kennis gestel word.

Cascade Manor, Paarl