Nóg ’n Afrikaanse fliek met van jou gunsteling-akteurs begin in Februarie 2015 in teaters draai. Mooirivier – Liefde wen, altyd is ’n nuwe fliek van die vervaardigers van Klein Karoo.

Die storie

Dis Paastyd in Potchefstroom en vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – gaan op ’n ontdekkingstog oor waaroor die liefde eintlik gaan.

Die karakters

Die karakters gaan jou hart steel, jou laat lag én laat huil. Hierdie week stel SARIE.com van die karakters bekend om jou nóg meer na die fliek te laat uitsien.

Diaan Lawrenson (Sarah)

Sarah is die streng bestuurder van die dorp se 5-ster-hotel. Sy verwag net die beste van haar personeel, maar dit is duidelik dat die welstand van haar personeel nie vir haar ’n prioriteit is nie. Sy kom ook glad nie met Marcelle (Nadia Beukes) oor die weg nie.

mooirivier diaan lawrenson anne hirsch

Anne Hirsch (Jackie)

Jackie, 'n familielid van Sarah, doen oral waar sy kan los werkies om haar studielenings te betaal. Sy kry dan ook die ontvangsdamepos by die hotel - die pos waarop Marcelle gehoop het.

Sy is Dave Meyer (Heinz Winckler) se grootste aanhanger (of dalk eerder sy mees toegewyde stalker).

Kyk hier na die lokprent van Mooirivier

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek - klik HIER

Lus om te lag?

Om enkellopend te wees is glad nie lekker nie - dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!

Lees ook