Nóg ’n Afrikaanse fliek met van jou gunsteling-akteurs begin in Februarie 2015 in teaters draai. Mooirivier – Liefde wen, altyd is ’n nuwe fliek van die vervaardigers van Klein Karoo. 

Die storie

Dis Paastyd in Potchefstroom en vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – gaan op ’n ontdekkingstog oor waaroor die liefde eintlik gaan.

Die karakters

Die karakters gaan jou hart steel, jou laat lag én laat huil. Hierdie week stel SARIE.com van die karakters bekend om jou nóg meer na die fliek te laat uitsien.

Milan Murray (Amelia)

Amelia is ’n ma en ’n perfeksionistiese huisvrou wat met Stefan (Hykie Berg) getroud is. Sy kan altyd deur ’n ring getrek word en sy koördineer haar uitrusting se kleure. Haar hare en grimering is altyd perfek gedoen.

Dit is vir haar moeilik om beheer te verloor en Stefan se dade gooi haar lewe heeltemal omver ...

mooirivier milan murray hykie berg

Hykie Berg (Stefan)

Stefan (43) gaan deur ’n baie openbare midlife crisis. Hy probeer hard om ’n cool pa vir sy seun te wees. Dit is duidelik dat hy so ’n bietjie rigting verloor het, wat ook daartoe gelei het dat hy een baie, baie slegte keuse gemaak het … wat ontsaglike slegte gevolge vir hom, sy vrou, Amelia, en hul seun kan inhou.

mooirivier hykie berg mooirivier milan murrayKyk hier na die lokprent van Mooirivier

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek - klik HIER

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie - dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!

Lees ook