• Kry ’n stil plek waar jy kan mediteer.
  • Haal die telefoon van die mik af, maak die deur toe en vra om die volgende 5 – 10 minute nie gesteur te word nie.
  • Sit regop op ’n stoel, leun teen ’n bed of sit op die vloer. Maak jou oë toe.
  • Kies ’n woord of beeld om as jou mantra te gebruik. Soos ’n kersvlam of die woord “een”.
  • Bly op die beeld of woord gefokus. As dit ’n woord is, vorm dit in jou mond en herhaal dit oor en oor, aanvanklik stadig en saggies.
  • Moenie daarteen veg as daar aaneen gedagtes deur jou kop flits nie (dit gebeur heeltyd!). “Vee” hulle bloot saggies met ’n denkbeeldige besem weg en bepaal weer jou aandag by jou mantra. Dis al! Moenie te hard probeer nie.
  • Doen dit die volgende paar dae elke dag 5 minute lank.
  • Bou jou meditasietyd op na 10 minute. Moenie dramatiese resultate verwag nie. Die uitwerking is kumulatief en aanvanklik subtiel. Maar as jy dit deel van jou roetine maak, sal dit ’n merkbare uitwerking op jou gedagtes, emosies en gees hê.
  • Probeer om later 15 minute met jou mantra te sit. As jy sukkel om dit te doen kan jy rustige ontspanningsmusiek aanskakel voordat jy begin en dit baie saggies laat speel terwyl jy mediteer.

Bron: Self, die essensiële gesondheids- en lewensgids vir vandag se vrou deur dr. Linda Friedland.