Plaaslik het die aanlyn-koopgogga begin byt. 36 Boutiques is een van hierdie nuwe konsepte, maar met 'n twist. Jy het slegs 36 uur om ontwerpersitems teen afslagpryse (36 – 80% af op die oorspronklike verkoopprys) aan te skaf. Die uitverkopings begin twaalfuur in die middag en eindig om middernag die volgende dag. Die groot lekkerte van die aanlyn-koopondervinding is dat items van nader bekyk kan word met die klik van 'n knoppie op jou droom-item. Die groottes en kleure waarin dit beskikbaar is, word ook aangedui. Vir die maand van Mei 2010 kan jy jouself bederf met ontwerpe deur:
*Hermanna Rush - 10 Mei
*7 For All Mankind - 10 Mei
*Melissa - 17 Mei
*Cossabella - 17 Mei
*Habits - 24 Mei Vir meer inligting, kontak 021 487 9000 of besoek www.36boutiques.com.