Die kwepers kook sag en deurskynend
en blink soos juwele in die son!
4 – 6 porsies
• 6 groot lamskenkels
• 80 g koekmeel
• 60 ml olyfolie
• 1 x 70 g-boksie Kaaps-Maleise
kerriepoeier
• 125 g tikka masala-pasta
• 2 x 400 g-blikke kersietamaties
• 500 ml beesvleisaftreksel
• 250 ml rooiwyn
• 4 heel ster-anys
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 10 kwepers
• 800 g suiker
• 2 liter water
• sap en skil van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 160 °C. Rol skenkels in
meel. Verhit olyfolie in ’n middelslagpot.
Sit vleis in pot en braai tot
goudbruin, sowat 5 – 8 minute.Voeg
kerriepoeier en tikka masala by. Braai
nog 5 minute.Voeg tamaties, aftreksel,
wyn en ster-anys by en geur goed met
sout en swartpeper. Plaas in warm oond
en bak vir sowat 2 – 4 uur of tot vleis
van been wegtrek.Terwyl kerrie kook,
sny kwepers in helfte. Sit suiker,water,
sap en skil van suurlemoen in groot pot.
Bring tot kookpunt en plaas kwepers
in pot. Laat stadig prut vir 2 uur of tot
kwepers oranje en deurskynend is. Sit
warm kerrie voor met kwepers en rys.