Prima-rib is ’n geurige en sagte beesvleissnit met ’n dik vetlaag

daarom. Vra jou slagter om dit vir jou so te sny.

genoeg vir 8 – 10

• 3 takkies roosmaryn, fyngekap

• 3 knoffelhuisies, fyngekap

• 3 ansjovisfilette

• skil en sap van 1 suurlemoen

• 50 ml olyfolie

• 45 ml korrelmosterd

• 1 groot prima-rib (die een op die

foto weeg sowat 4,5 kg)

Verhit oond tot 200 °C. Plaas roosmaryn, knoffel, ansjovis, skil en sap

van suurlemoen in voedselverwerker en verwerk op hoë spoed tot

gladde mengsel.Smeer mengsel oor die vetrand van die rib. Plaas

in oondroosterbak in warm oond. Oondbraai vir 1 uur 30 minute of tot buiterand goudbruin is. Laat rus vir 15 minute en sit voor.