Wie kan nou nee sê vir ’n lekker broodjie? Die geheim hier is die

avokado-smeer. Sit die broodjie voor as ligte middagete of as voorgereg.

genoeg vir 6

  • 2 avokado’s
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 brandrissie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 6 snye ciabatta
  • 250 g-pakkie rugspek
  • 30 kammossels, doppe verwyder
  • 45 ml botter
  • 6 radyse, in kwarte gesny

Plaas avokado, knoffel, ui, rissie, sap en skil van suurlemoene in

voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed

met sout en peper. Hou eenkant. Verhit olyfolie tot warm in groot

braaipan. Plaas snye brood in warm pan en braai weerskante tot goudbruin

en bros, sowat 3 minute per kant. Hou eenkant. Verhit pan weer tot warm

en droogbraai spek aan albei kante tot goudbruin en bros. Hou eenkant.

Plaas botter in warm pan en braai kammossels sowat 2 – 3 minute per

kant tot goudbruin en gaar. Verdeel avokado-mengsel tussen broodjies,

gevolg deur brosgebraaide spek. Pak gaar mossels en radyse bo-op. Sit

warm voor.