Jar of Hearts is 'n nuwe konsep klere en kunswinkel wat op 2 Mei in die Paarl open. Die eienares, Janine Snyder, nooi u om 'n eksklusiewe voorskou en skemerkelkie by te woon die aand van 2 Mei 2012. Die winkel verkoop slegs SA handgemaakte kuns- en handwerkitems van oor die hele land en damesklerasie en bykomstighede vir die moderne meisie en vrou. Ons het ook klere vir die voller figuur. Kom geniet 'n aangename aandjie saam met ons. RSVP Na Janine asseblief.