Die bittersjokoladesmaak van hierdie legendariese koekie is

perfek saam met roomys. Maak dié koek vir jou somertafel!

genoeg vir 8

• 1 x 280 g madeira-sponskoek, in skywe gesny

• 2 liter vanieljeroomys

• 100 g donkersjokolade, fyngekap

• 176 g Oreo-koekies, gekrummel

• 125 ml room

• 100 g witsjokolade, gekap

• 125 g bloubessies

Voer ’n 20 cm-losboomkoekpan heeltemal met kleefplastiek uit. Voer

onderkant van pan met helfte van koek uit. Plaas roomys in groot mengbak en

maak sag met groot metaallepel – dit moenie heeltemal smelt nie maar eerder

soos saggeklopte botter lyk. Voeg sjokolade en koekies by en meng deur.

Skep helfte van mengsel bo-op koek en smeer gelyk. Pak oorblywende

koek bo-op roomys en skep res van roomysmengsel bo-op. Smeer gelyk.

Plaas in vrieskas vir 4-6 uur of tot weer hard gevries.

Sous: Bring room tot kookpunt en gooi oor witsjokolade. Roer tot gladde sous. Maak ring van pan los en verwyder kleefplastiek. Lig koek met slaplemmes van metaalring af en plaas op opdienbord. Strooi bloubessies op koek en skep sous oor.

Herman wys hoe jy 6 nageregte met houer-roomys kan maak in die nuwe uitgawe van SARIE KOS. Dié Oreo-en-donkersjokolade-roomyskoek is een daarvan. Kry die res in SARIE KOS.