Dit was ’n ongelooflike Oscar-geleentheid! Op die rooi tapyt is ons deur die een mooi rok ná die ander bekoor, daarom het SARIE se modespan omtrent gesukkel om ons top-5 te kies. Maar hier is óns lysie ...

5

Sandra Bullock en Angelina Jolie

Dié twee swaargewig-aktrises deel die vyfde plek op óns lysie. Sandra se vlootblou Alexander McQueen-rok het interessante drapeer-detail.

Sandra Bullock FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S Sandra Bullock FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

Ons was heerlik verras om nie vir Angelina Jolie in swart te sien nie en die Elie Saab-langmourok met kralewerk was baie elegant.

Angelina Jolie FOTO: Gallo Images / Getty Images Angelina Jolie FOTO: Gallo Images / Getty Images

4

Charlize Theron

Charlize Theron FOTO: Gallo Images / Getty Images Charlize Theron FOTO: Gallo Images / Getty Images

In die vierde plek is ons eie Charlize Theron in ’n swart Christian Dior-meerminstylrok.

3

Lupita Nyong'o

Lupita Nyong'o FOTO: Gallo Images / Getty Images Lupita Nyong'o FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lupita se Prada-rok het haar laat uitstaan. Die ligblou geplooide rok het haar die Afrika-koningin van die rooi tapyt gemaak. Sy het self gesê dié blou herinner haar aan die lug van Nairobi.

2

Cate Blanchett

Cate Blanchett FOTO: Gallo Images / Getty Images Cate Blanchett FOTO: Gallo Images / Getty Images

Cate het soos ’n droom gelyk in ’n vleeskleurige Armani Prive-rok. Die detail op haar rok (Swarovski-kristalle) is ongelooflik en die illusie-neklyn met kapmou is vleiend.

1

Camila Alves

Camila Alves en Matthew McConaughey FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S. Camila Alves en Matthew McConaughey
FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S.

Matthew McConaughey se vrou se ligpienk asimmetriese Gabriela Cadena-rok is vir ons ’n baie vars en interessante rok. Dis stylvol en elegant,  daarom is dit ons top-keuse.

... En die slegste

Dit is sleg om dit van dié legendariese ster te sê, maar Liza Minnelli se uitrusting was ’n teleurstelling.

Liza Minnelli (regs in die blou) FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S Liza Minnelli (regs in die blou)
FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

Die groot mode-trends van die Oscars- KLIK HIER!