Die goedgemerkte Wingerd staproete is 9,75km in totaal en begin by die Trail Centre op Delvera plaas, Stellenbosch. Dit neem jou deur ‘n stuk Renosterveld Bewaringsgebied, met ‘n Geelhout woud, tot bo-op Klapmutskop. Dit neem so uur-en-‘n-half om bo te te kom - so hoe vroeer jy kom, hoe meer tyd het jy om die sonsondergang te geniet. Jy het ook die opsie om die plaasbakkie te neem tot by die halfpunt merk (Peperboom). ‘n Piekniek kan vooraf bestel word – daar is ‘n spyskaart beskikbaar op www.dirtopia.co.za Onthou om jou flits saam te bring, iets warms om te dra nadat dit donker raak en ‘n goeie paar stap skoene. Besprekings is noodsaaklik, stuur ‘n epos na info@dirtopia.co.za of skakel 021 884 4752 en moenie uit mis op hierdie spesiale aand! Daar is ‘n beperkte hoeveelheid permitte beskikbaar so bespreek betyds om teleurstelling te voorkom. Wanneer: 31 Desember 2011 Waar: Dirtopia Trail Centre, Delvera Plaas, R44 tussen Klapmuts en Stellenbosch Afstand: 9,75km in totaal; met ‘n opsie om ‘n geleentheid met die plaasbakkie tot by die halfpunt merk te kry Koste: R80 per persoon wat die permit, ‘n glas vonkelwyn, ‘n kaart en bakkie opsie insluit R40 vir kinders 9rjr en onder Begintyd: Arriveer by Trail Centre teen 17h30, 18h30 op die laatste. Hoe vroeër, hoe beter. Sonsondergang 20h00 Bring: Flitslig, warm baadtjies, stapskoene. Eet & drinkgoed beskikbaar by die Trail Centre of jy kan ‘n piekniek bestel (moet ten minste 2 dae voor die tyd bestel word). Kontak: 021 884 4752 / trailcentre@dirtopia.co.za www.dirtopia.co.za Jy mag dalk ‘n paar Hi-Tec stap skoene wen by ‘n gelukkige trekking… Dirtopia Trail Centre is oop 7 dae ‘n week van 08h00 tot 17h00 vir permit verkope van stap & fietsry roetes.