Dié opwindendende veldtog is geskiet deur die fotograaf Steven Meisel. Sewe opwindende nuwe modelle, Julia Nobis, Ros Georgiou, Marina Heiden, Marie Piovesan, Franziska Muller, Elana Bartels en Mackenzie Drazan, verskyn in die afbeeldgins van 'n eersteklas treinrit op die LV-stoomtrein, wat herinner aan die bekende Orient Express van ouds. Die modelle is getooi in oorgroot hoede met vere, natuurlik elkeen met 'n handsak (kyk uit vir die opvallende detail) byderhand. Pragtige Louis Vuitton-bagasie voltooi die prentjie op hul weelderige tog. Die veldtog neem die tema van Louis Vuitton se modevertoning by Parys Modeweek (in Maart) verder. By dié geleentheid het 'n werkende blou en goudkleurige stoomtrein so wrintiewaar op die loopplank verskyn.

We are imagining the romance of a better time. Whatever you try, clothes never really live in the past.They are worn now so they are modern, with a modern take." - Marc Jacobs

En hier volg 'n onderhoud met skeppende direkteur Marc Jacobs oor die veldtog: