Kos- en wynparings fokus oor die algemeen op die weelderige, maar wanneer ’n beskeie begroting iets meer bekostigbaars vra, kan die kombinasie daarvan met ’n glas van jou gunsteling-wyn dit steeds baie genotvol maak. Ontdek, met Gunther se leiding, die geheime van puik wynparing wanneer die wyne van Durbanville Hills gekombineer word met geriefskos soos grondboontjiebotter- en jellie-toebroodjies en ’n lekker peperbiefstukpastei. Jy sal die sauvignon blanc met sowel soesji as gesoute aartappelskyfies probeer en die chardonnay met sowel romerige Parmesan-pasta as gebotterde springmielies. Die kos- en wynparing sal gevolg word deur aandete in The Eatery at Durbanville Hills wat uit ’n keuse van die restaurant se smullekker hoenderpastei of ’n volstruisburger sal bestaan. Koffie of tee en biscotti sal na die tyd bedien word. Durbanville Hills se wyne sal deur die loop van die aand te koop aangebied word. Datum: Donderdag, 21 Junie 2012 Tyd: 18.30 vir 19.00 Plek: Durbanville Hills Koste: R175 per persoon (sluit verwelkomingsdrankie en wynparing in, asook aandete, koffie of tee en biscotti. Daar is ook ’n geskenkpak om huis toe te neem). Aangesien plek beperk is, is bespreking noodsaaklik. Kontak asseblief vir Simone Brown by (021) 558 1300 of stuur ’n e-pos aan sibrown@durbanvillehills.co.za.