Saartjie vertel hoe moeilik dit vir haar was om ’n vakansietas te pak en hoe sy geleer het om die perfekte een te pak.

SAARTJIE shopEk tel nou al letterlik die slapies af tot die vakansie. Ek sien so daarna uit om net lekker te ontspan, ’n paar boeke te lees en in die son te lê. Maar o wee, die groot pak lê nou voor. So 5 jaar gelede was ek dié swakste pakker ooit. Glo dit of nie, ek het vakansie gaan hou met 4 tasse - 1 tas net vir skoene. Die ergste is dat ek slegs ’n kwart van als wat ek ingepak het, gedra het. Boonop het die vakansie begin met ’n brombeer van ’n man omdat als in die motor móét gaan.

Sonskyn-pret in ’n swembroek – só lyk die bekendes

Maar ná ’n oorsese werksreis saam met ’n gesoute reisiger het ek besef hoe belaglik ek is. Só het ek geleer dat denims altyd ’n goeie basis is vir enige vakansietas en daarmee saam kan jy selektief ’n paar items kies wat jy kan meng en pas. Hieronder is die perfekte voorbeeld van ’n vakansietas vir by die see. Elke vakansietas sal egter verskil, afhangend van die bestemming.

Só meng en pas jy jou gekose items vir maksimum dra:

Langs die strand

Middagete saam met vriende

Sonsondergang-drankies

Langs die braaivleisvuur

Sluit aan by die mode-nuusbrief en ons stuur vir jou artikels soos dié!

Koop hiér die items wat gebruik is in die boonste uitrustings: