Flat Roof Manor Pinot Grigio gaan saam met ’n geurige Thaise groenkerrie-pannekoek; die Uitkyk Chardonnay word met ’n pannekoekmet 'n vulsel van stadig geroosterde pampoen en brie bedien; die Flat Roof Manor Merlot kom met ’n pannekoek met geroosterde hoender, camembert en salie; die Flat Roof Manor Shiraz Mourvre Viognier gaan saam met ’n pannekoek met gebraaide beesvleis, jongspinasie en rooibosbessiekonfyt; en, ten slotte, die Uitkyk Cabernet Sauvignon Shiraz saam met ’n pannekoek saam met gesoteerde uie, sampioene en edam-kaas. Daar sal twee bedienings wees, die eerste om 11:00 en die tweede om 14:00. Let asseblief daarop dat besprekings noodsaaklik is. Skakel (021) 884-4416 of stuur ’n e-pos na bbrand@distell.co.za. As toegif is daar vermaak vir die kinders, maak nie saak wat die weersomstandighede op die dag is nie. Uitkyk is aan die R44 tussen Paarl en Stellenbosch.