Bridesmaids-ster Melissa McCarthy het stylvol gelyk in 'n patroonrok by vanjaar se Variety Creative Impact-toekennings. Die ster se voller figuur is dikwels in die spervuur, en lok veral kommentaar onder vroue uit.

Dus kom as geen verrassing dat sy en Rebel Wilson, nóg 'n ster met 'n voller figuur, glo in Desember aan mekaar belowe het dat hulle nooit gewig sal verloor nie, maar eerder sal staan vir 'regte' vrou en 'regte' lywe.

Melissa se blompatroon-rok is die ideale snit vir haar figuur, en beklemtoon haar kurwes en beste bates. Die patroonkleure pas haar ook goed.

5 top-wenke

SARIE se mode-assistent, Luzanne van der Watt, gee 5 wenke vir blompatrone vir die voller figuur:

  1. Die proporsie van die patroon is baie belangrik: 'n Groter blompatroon pas beter by die voller figuur, en kies 'n kleiner een vir die petite-figuur.
  2. 'n Blompatroon met 'n donker agtergrond is perfek vir die winterseisoen en 'n ligter agtergrond vir somer.
  3.  As jy 'n groot blompatroon dra, hou jou bykomstighede minimaal en klassiek, en die fokus op die patroon.
  4. Hou by een blompatroon. Om meer as een blompatroon te dra kan onvleiend lyk.
  5. Hou die snit eenvoudig. Kies 'n snit wat by jou liggaam pas en wat eenvoudig is, die patroon sal die praatwerk doen.

Variety's Creative Impact Awards And 10 Directors to Watch Brunch Presented By Mercedes-Benz At The 25th Annual Palm Springs International Film Festival

Kry patroon-items vir die voller figuur in jou SARIE-winkel

ilan printed tunic Patroon-top, R570

maxi dress Maksirok, R720

kaftan Patroon-kaftan, R795

pers rokkie Patroon-sjiffonrok, R780

print pants Broek met blompatroon, R499

rokkie Blomrok met strik-detail, R599