genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g gerasperde mozzarella-kaas

• 9 ansjovisfilette

• 20 kappertjiesade

• sowat 16 ontpitte swart olywe

• olyfolie om oor te sprinkel

• varsgemaalde swartpeper

• mikrokruie

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella bo-oor. Rangskik ansjovisfilette, kappertjiesade en olywe bo-op. Sprinkel olyfolie oor en geur met peper. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en sprinkel mikrokruie oor.