Saartjie se fokus is dié maand op borskanker.

SAARTJIE inbox

Vir 'n dame wat diep binne haar graag iets goeds wil doen, maar net nie die tyd kry nie, is hierdie nuwe pienk reeks van Polo vir my net die regte plek om te begin.

Polo Pink pony October 2014

Polo het die Pink Pony simbool op 'n beperkte-reeks klere geplaas. Jy kan jou Pink Pony landswyd aanskaf by Polo-winkels of uitsoektakke van Stuttafords. Vir elke produk wat jy koop, skenk Polo 15% van die opbrengs aan KANSA.

Ek is gaande daaroor dat Polo spesiaal sy “voorkoms” sal verander vir 'n goeie doel. Daar is gholfhemde, rokke, T-hemde en nog veel meer om uit te kies.

Ek dink ons moet almal dié maand pienk gaan en 'n pienk mode-item aanskaf. Pienk is tog dié maand se swart…