Gebruik die sap van rooi pomelo’s. Dis lekker soet en gee die pons ’n mooi oranje kleur.

genoeg vir 8

• 1 stingel sitroengras (lemon grass)

• sap van 18 rooi pomelo’s

• 200 g (250 ml) suiker

• sap en skil van 2 lemmetjies

• 1 kg gebreekte ys

• 3 lemmetjies, in skywe gesny

• 2 liter limonade

Gebruik rolstok en slaan op die stingel tot gekneus. Plaas saam met sap, suiker, lemmetjiesap en -skil in middelslagpot. Bring tot kookpunt en kook vir 8 minute. Laat afkoel tot yskoud. Plaas ys, lemmetjieskywe en koue pomelosap in groot ponsbak.

Gooi limonade oor en meng liggies deur. Sit voor.