Party mense kan of wil oënskynlik nie gelukkig wees nie. Hulle vind fout met alles. Benut eerder ontevredenheid se “positiewe” kant, sê die sielkundige dr. ST Potgieter van Bellville. “As jy vasgevang voel in ’n situasie wat jou frustreer, gebruik dit as aansporing. Stel vas of jy dit kan verander, en doen dit. Aanvaar wat jy nie kan verander nie en fokus dan op die positiewe aspekte. Maak die lewe ’n beter plek – ook vir ander.”

Bron: www.pitkos.co.za