Die proe, onder die leiding van Durbanville Hills se rooiwynmaker, Wilhelm Coetzee, sal die kelder se wyne by die reeks sauvignon blancs van Chile, Frankryk en Nieu-Seeland en merlots van Kalifornië, Australië en Frankryk insluit. Die verskil in produksiemetodes, styl en smaakprofiel tussen die wyne sal bespreek en lig gewerp word op die faktore wat die karakter van wyne bepaal wat van dieselfde kultivar in verskillende dele van die wêreld gemaak word. Die proe sal gevolg word deur aandete bestaande uit 'n tagine van lamsvleis en appelkose by Durbanville Hills-Wyne, bedien met speseryagtige koeskoes en roergebraaide groente. Die aand eindig met koffie of tee bedien met biscotti. Datum: Donderdag, 30 Augustus Tyd: 18.30 vir 19.00 Koste: R210 per persoon (sluit verwelkomingsdrankie, vergelykende proe, aandete, koffie of tee en biscotti in) Bespreking is noodsaaklik aangesien plek beperk is. Om te bespreek, kontak Simone Brown by (021) 558 1300 of stuur ’n epos aan sibrown@durbanvillehills.co.za.