In ’n gejaagde wêreld flits ons kosbaarste oomblikke dikwels by ons verby. Dan verlang jy na ’n plek van stilte, en tyd vir die dinge na aan jou hart. Verbeel jou ’n parfuum wat van jou mooiste oomblikke saambottel in ’n suiwer vanielje-geïnspireerde geur. ’n Parfuum wat met vrede en eenvoud deel word van jou intiemste rituele. Die geur pureDKNY is meer as ’n parfuum. Dis ’n leefwyse. Dis ’n geur wat die veranderende patrone van ons planeet verstaan – dis die eerste byna organiese parfuum ter wêreld. Die ligte blomgeure is sensueel en sag, met ’n vanielje-basisgeur, wat ’n luukse eenvoud weerspieël. Natuurlike note van die lotusblom, Bulgaarse roos, jasmyn, freesia en orgidee word omhul deur die sagte geure van wit amber, romerige sandelhout en ’n druppel vanielje in water. Suiwer en herwinbaar
Die glasbottel is deur die vorm van ’n reëndruppel geïnspireer en word van 100% herwinbare glas gemaak. Slegs papier afkomstig van volhoubare woude word vir die kartonboksie gebruik en ook omgewingsvriendelike ink vir die drukwerk.
VRAAG
Wat is die naam van die parfuum wat jy kan wen?
Neem só deel
Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ’n poskaart en stuur dit met jou naam, van, adres, e-posadres en telefoonnommer aan: SARIE/pureDKNY-wedstryd, Posbus 511, Kaapstad 8000.

SMS en neem deel

SMS die woord DKNY (geen leestekens) gevolg deur die antwoord op die vraag hierby en jou naam, van, adres en e-posadres na die nommer 34687. (’n Tarief van R2 per SMS geld.)

SLUITINGSDATUM - 30 April 2010
* Die wenner sal teen 14 Mei 2010 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.
Wedstrydreëls
1. Die eerste korrekte inskrywings wat getrek word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.2. Die wenners sal telefonies en daarna per brief verwittig word en hul name sal in ’n latere stadium op www.sarie.com verskyn.

3. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens DKNY as ’n diens vir haar lesers aan. DKNY voorsien en is verantwoordelik vir die pryse. SARIE aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die pryse of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie.

4. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), DKNY en hul reklame-, advertensie- en digitale maatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie.
5. Media24 en DKNY word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die pryse.
6. Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.