Hier by SARIE.com hou ons van lekker vars gebak én woordspeletjies. Daarom het ons besluit om die twee te kombineer ...

Raai die gebak, of bestanddeel, se naam. Dis in alfabetiese volgorde en vandag speel ons van A - M.

Kan jy almal raai? (Psst, die leidrade is onderaan die speletjie.)

Hier's leidrade:

A = Tert waarvan die vulsel van ’n spesifieke vrug gemaak is.

B = Nagereg van dun velletjies skilferige deeg, heuning en neute, gewoonlik in ruitvormige stukkies gesny.

C = Byna soos ’n doughnut, en gewilde eetgoed in Spanje, Portugal en Frankryk.

D = Tuisgemaakte lekkergoed waarvan dadels ’n belangrike bestanddeel vorm

E = Gebak gevul met room en met versiersel bo-op.

F = Soort skilferdeeg wat in baie dun lagies gebruik word vir soet- en soutgebak.

G = Gladde mengsel van gelyke hoeveelhede room en gekapte sjokolade, onder meer gebruik om koek te versier en as sjokoladevulsel.

H = Klein koekies met ’n vulsel van appelkooskonfyt en klappermeringue bo-op.

I = Tipe vrugte wat lank hou {_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ vrugte}.

J = Broodjies met soet of sout vulsel tussenin.

K = Gebakte tertvorm met ’n vulsel van maaskaas, eiers en suiker.

L = Byna soos suurlemoene, maar die vruggies is kleiner met ’n dunner skil en groener vleis.

M = Gebakte poeding met appelkooskonfyt.

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER.

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER

Afrikaans.com aanlyn banier