Vroëer vanjaar het Tommy Hilfiger aangekondig dat die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal die gesig van hul onderklere-advertensieveldtog vir 2015 is. En vroue die wêreld oor het geswymel. Maar nou het Nadal tennis 'n entjie verder geneem ...

SAARTJIE hastag

Van strip poker het ons almal al gehoor, maar strip-tennis? Ek weet darem nie so mooi nie. Ek sal vir seker eerste in my Eva-pakkie staan, want tennis kan ek nie speel nie.

Maar die wêreld se voormalige nr. 1-tennisspeler het almal na hul asem laat snak toe hy sy klere laat waai het tydens Tommy Hilfiger se onlangse bekendstelling van hul nuwe onderklere-reeks. Rafael Nadal het saam die modelle Juan Betancourt, Malena Costa, Cristina Tosio en Andrés Velencoso Segura strip-tennis gespeel. Elke keer as ‘n punt aangeteken is, moes die opponent ‘n kledingstuk uittrek. Dit het geduur totdat die nuwe onderklere-reeks uiteindelik bekend gestel is. Definitief iets vir die oog.

Sien een van julle kans om vir Nadal aan te vat in strip-tennis? Wel, miskien sal ek, maar dan móét hy verloor. Of miskien moet ons liewer dié Spaanse model aanvat.

Causing a racquet… things heated up when Spanish model @juanbetancourtt showed off his Tommy underwear #TommyXNadal A photo posted by Tommy Hilfiger (@tommyhilfiger) on