Ons nuwe oopplan leef area:

Ons het die eetkamer deel aangebou, die vorige eetkamer in 'n kombuis verander en die kombuis in 'n waskamer. Ek het 'n spieel as 'n 'splashback' agter die stoof gebruik wat nie net lig in die kombuis inbring nie, dit reflekteer ook die tuin, die ontbyt~eiland en sit/eetkamer; dit maak die kook area meer gesellig en reflekteer die Hydrangea skildery wat teen die oorkantse muur hang.

Die sterk invloed van my geboorte land ~ my liefde vir kleur, kuns en die bosveld ~ 'n bietjie van Suid Afrika (van die huis) in my huis, hier in die buiteland...

Sien ander hoekies/vertrekke