Die groot aand is om die draai. En byna net so belangrik soos wie almal met Oscar-beeldjies gaan wegstap, is wat die modes op die rooi tapyt gaan wees. Die Academy Awards is jaarliks ’n spoggerige affêre en dié modes bepaal wat ons die res van die jaar op die rooi tapyt gaan sien.

SARIE se modespan gaan elke dag voorspellings gee van wat húlle dink die benoemde aktrises op die aand van 2 Maart gaan dra. Stem jy saam met hul voorspellings? PLUS ons kies dié talentvolle aktrises se Suid-Afrikaanse eweknieë.

Meryl Streep

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Meryl is benoem vir Beste Aktrise vir haar rol as Violet Weston in August: Osage County.

Sy gaan beslis die kollig wil steel omdat dié benoeming ’n rekord opgestel het.

Meryl is die eerste aktrise wat 18 keer vir ’n Oscar benoem is. 15 van dié benoemings is vir Best Aktrise. Sy het al 3 keer gewen.

Meryl se styl

Meryl hou van klassieke snitte, maar verras altyd in haar keuse van materiaal. Sy het al glansryke goue rokke gedra én uitrustings met interessante patrone.

Wat gaan sy dra?

Sy beklemtoon altyd haar middel. Ons glo sy sal dit vanjaar weer doen. Dalk met ’n dun belt of ’n rok wat haar middel wys.

Ons dink sy gaan iets soortgelyks aan dié wynrooi Jenny Packham-skepping dra.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Meryl se rokkeuse die afgelope paar maande:

Sandra Bullock

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Sandra is benoem vir Beste Aktrise vir haar vertolking van Dr. Ryan Stone in Gravity.

Dít is Sandra se tweede Academy Awards-benoeming. Haar eerste was in 2010 vir haar rol in Blind Side. Sy het toe met die beeldjie weggestap.

Gaan Sandra dit weer regekry?

Sandra se styl

Dís ’n moeilike een. Sy verbaas en verstom gereeld met haar rooitapyt-keuses. Sy hou van kleurryke rokke en is nie skaam om haar vietse figuur te beklemtoon nie.

Wat gaan sy dra?

Ons dink sy gaan weer, soos by die Golden Globes, ’n veelkleurige rok kies wat bo styf sit en na onder uitklok.

Ons kies vir haar dié Oscar de la Renta-uitrusting wat by die New Yorkse Modeweek vertoon is. Ons hoop net sy stryk die romp voordat sy op die rooi tapyt verskyn!

Een van Oscar de la Renta se uitrustings tydens die New Yorkse Modeweek. FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Sandra se rokkeuse die afgelope paar maande:

Meryl en Sandra se Suid-Afrikaanse eweknieë

Ons dink Sandra Prinsloo is SA se Meryl Streep

Sandra en Meryl het al albei rolle vir ouer vroue gespeel

En Sandra Bullock se lang swart hare en voorkoms herinner ons aan Kurt Darren se vrou, Dunay

Lees môre op SARIE.com watter rokke ons dink Amy Adams en Sally Hawkins gaan dra.

Die rooi tapyt van die toekenningseisoen op SARIE.com