’n Madeleine is ’n Franse koekie en die

naam verwys na die pan se vorm. As jy nie

een het nie, kan jy dit in eetlepels bak.

sowat 18 madeleines

• 120 g (215 ml) koekmeel

• 130 g (155 ml) strooisuiker

• 10 ml bakpoeier

• 2 ml sout

• 2 eiers

• 120 g (150 ml) botter, gesmelt

• 5 ml vanieljegeursel

• 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel

• 250 g crème fraîche

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, suiker, bakpoeier en sout saam in middelgroot

mengbak. Voeg eiers, botter, vanielje en kleursel by.Meng tot gladde beslag met

draadklitser.Vul holtes van madeleinepan tot ? vol met die beslag.As jy nie

so ’n pan het nie, plaas groot eetlepels op ’n bakplaat met die stele wat op die rand

van die bakplaat rus. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep elke lepel

? vol met beslag. Bak vir 8 – 10 minute of tot uitgerys en gaar. Sit voor met

crème fraîche.