Slaai vir 4 mense of ligte middagete met goeie brood vir 2

1 blikkie kekerkertjies (chickpeas), afgespoel - jy kan ook die gedroogtes koop en week en kook - dit vat te lank

1 rooi ui gekap

2 knoffeltoontjies gekap

250 g feta kaas - ek spoel dit ook af anders is dit effens sout, die Deense kaas is 'n bietjie te sag

halfkoppie olyfolie

gerasperde skil en sap van een suurlemoen of lemmetjie

'n handvol gekapte koljander

'n handvol gekapte sprietuie

'n handvol gekapte pietersielie

Ek het onlangs die slaai by 'n restaurante geeet en hulle het nie uit vooraf gebraai nie, toe is die smake heeltemal te skerp.

Braai die ui tot sag en soet. Skakel die plaat af en roer die gekapte knoffel deur.

Meng die kekerkertjies, gekapte kruie, gekrummelde kaas en suurlemoenskil

As die uie afgekoel het, roer dit deur die kekerertjies

gooi suurlemoensap en orige olyfolie oor en roer saggies deur

laat die hele spulletjie lekker marineer vir 'n uur of wat voor ete

Proe maar eers voor jy sout en peper oorsit.

Dis baie lekker saam met gebraaide fillet of ander vleisgeregte in plaas van 'n stysel bykos.

Die resep kom uit 'n boek van Tessa Spiros, maar ek sien dit nou oral. Mens kan seker die hele spul versap en dit humus noem.

Sien ander resepte